Een dood, ander beseer in kop-aan-kop-botsing

Deel hierdie storie / Share this story

Foto’s in berig

Een persoon is dood, toe ‘n vullisverwyderingsvragmotor en ‘n platbakvragmotor met groente vanoggend ongeveer 09:17 op die M26 naby Erasmia, Centurion, Gauteng in ‘n kop-aan-kop-botsing betrokke was.

CERT-SA sê die oorledene is op die toneel dood verklaar.

Twee ander persone is ernstig beseer en ander het ligte beserings opgedoen.

Die bestuurder van die platbakvragmotor het vir meer as ‘n uur in die wrak vasgesit en moes met die hulp van reddingskake bevry word.

Omstandighede wat tot die botsing gelei het, is nie duidelik nie.

Polisie ondersoek die voorval.

Foto: CERT-SA
Foto: CERT-SA
Foto: CERT-SA
CERT-SA

Die volgende instansies word bedank vir hulp op die toneel: Gauteng Emergency Medical Services Netcare911, Emer-G-Med (Edms) Bpk, SAPD, Tshwane Metro Polisiedepartement, Tshwane Nooddienste Departement, Monitor Net, Fedility ADT Sekuriteit, Scorpion Risk Services, Laudium Disaster Management en alle ander dienste.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel