LEES OOK: Vier beseer in botsing op N14
Altesaam 27 skoliere het beserings opgedoen nadat ‘n bakkie waarin hulle skool toe vervoer is, Vrydagoggend in Hazelmereweg, KZN, omgeslaan het.
Reaction Unit South Africa (Rusa) het vanaf 07:27 verskeie oproepe van die publiek ontvang wat hulp vir die beseerdes versoek het. Alle beskikbare beamptes en paramedici is na die toneel ontbied. Lede het met hul aankoms op die toneel ‘n wit Kia-bakkie aangetref wat op sy dak langs die pad gelê het.
Die voertuig het 27 kinders na die Primêre Skool Redcliffe, KZN, vervoer toe die bestuurder glo probeer het om ‘n silwer Chevrolet Cruze verby te steek.
In ‘n poging om te verhoed dat hy teen ‘n aankomende voertuig bots, het hy teruggeswaai in sy baan en in die Chevrolet Cruze vasgery. Die bakkie het toe omgeslaan. Die bestuurder het te voet van die toneel gevlug.
Die beseerde leerlinge is op die toneel behandel voordat hulle per ambulans na die hospitaal vervoer is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



