LEES OOK: Jong vrou (20) se liggaam in vlak graf gevind na kêrel haar glo vermoor
‘n Man (25) is ernstig beseer tydens ‘n rooftog wat Woensdag in Canelands in KZN plaasgevind het.
Inwoners van Hilltop in Canelands het Reaction Unit South Africa (Rusa) omstreeks 19:10 Woensdagaand in kennis gestel van die voorval en hulp gevra vir die beseerde man.
Lede het die man in die pad aangetref nadat sy ingewande tydens die rooftog uitgehaal is.
Die man en sy kollega, wat ook steekwonde opgedoen het, is werkers op ‘n plaas. Tydens die rooftog het vyf gewapende verdagtes die mans aangerand voor hulle verskeie waardevolle items gesteel het.
Beide mans is na die hospitaal geneem vir behandeling.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



