LEES OOK: Jong Upington-rugbyspeler sterf na besering tydens wedstryd
Jan Bloukaas, oftewel Jean du Plessis, het goeie nuus gedeel na sy kankerdiagnose.
“My kanker het gekrimp! Prys die Here,” het hy in ‘n Instagram-plasing gesê.
Du Plessis het verlede jaar in September die nuus dat hy met breinkanker gediagnoseer is, op ‘n emosionele video op sy Instagram gedeel.
Du Plessis het bekendheid verwerf met sy 2017-treffer Kaas Bra en het sedertdien die verhoog met van die land se grootste kunstenaars gedeel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



