Vrou vermis nadat sy van vliegtuig klim

Deel hierdie storie / Share this story

Nadine Raper (Bowers) (30) van Brakpan word vermis vandat sy in Abu Dhabi aangekom het.

Sy het op 1 Maart 2023 om 10:00 by OR Tambo- internasionale lughawe op ‘n vliegtuig na Abu Dhabi geklim. Die vliegtuig het 17:30 geland. Die laaste kontak met haar was per WhatsApp nadat sy deur paspoortbeheer beweeg het.

Raper het bruin oë en swart/blou dreadlocks. Sy is 1.7 meter lank en weeg 53 kg. Uitkenbare merke is tatoes op haar borste, arms en bene. Raper was geklee in ‘n maroenkleurige oortrektrui , swart hemp en broek.

Indien jy weet waar sy haar bevind, kan jy die volgende persone kontak:

AO Mthethwa Brakpan SAPD 011 744 7100

Saaknommer: 03/03/2023

911 South Africa 069 445 1870, 074 402 7542, of sms “911” na 33903.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel