Vrou en kind spring besering vry tydens sluipmoord

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou en haar tweejarige kind het beserings vrygespring toe hulle verby die toneel van ‘n sluipmoord gery het wat Woensdagoggend een persoon in Cornubia, KZN se lewe geëis het.

Reaction Unit South Africa (Rusa) het verskeie oproepe van inwoners van ‘n behuisingskompleks ontvang wat bystand op die toneel versoek het. Rusa-lede is onmiddellik uitgestuur en het omstreeks 07:00 op die toneel aangekom.

Die liggaam van ‘n man is in ‘n erf aangetref. Hy het verskeie skietwonde opgedoen en voor die aankoms van paramedici gesterf. ’n Wit Toyota Corolla met koeëlmerke het in die pad buite die erf gestaan.

Volgens getuies is gesien hoe twee mans die oorledene te voet agtervolg en skote in sy rigting afvuur. Die man het ‘n erf binnegegaan in ‘n poging om sy sluipmoordenaars te ontduik. Die huiseienaar, wat ‘n geregistreerde verpleegster is, was besig om haar huis in ‘n Toyota Corolla met haar tweejarige seun in die passasiersitplek te verlaat toe die gewapende mans skote op haar voertuig afgevuur het. Hulle het die oorledene ingehaal en hom verskeie kere geskiet voordat hulle te voet gevlug het. Vyftien gebruikte 9 mm-patrone is gevind.

Ooggetuies het beweer die oorledene was ‘n dwelmhandelaar, maar dit kon nie bevestig word nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel