Gedeeltelik ontbinde liggaam agter motorhandelaar in Kimberley ontdek

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Jong Upington-rugbyspeler sterf na besering tydens wedstryd

Die polisie in Kimberley het Woensdag omstreeks 14:50 inligting ontvang oor ‘n gedeeltelik ontbinde liggaam wat agter ‘n motorhandelaarsaak in die stad ontdek is.

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder, sê die onbekende man se liggaam is agter die JC Motor World-motorhandelaar in Phakamile Mabijastraat gevind.

Volgens kapt. Jansen ondersoek die polisie die saak. ‘n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van die man se dood kan vasstel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel