Deanré (2) benodig hulp na motorongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Deanré Barkley (2) was op 26 Februarie 2023 in ‘n motorongeluk betrokke.

Funtazia-kleuterskool waar hy skoolgaan, het sy BackaBuddy-profiel gedeel:

https://m.facebook.com/story.php?story_fbid=pfbid0zhJz87BZG7fH1CweuUe98qWChuyiusYPQPoCyYY3mfY4BXJPCvYEHrYxAu4tWzNUl&id=100063727322458&sfnsn=scwspwa&mibextid=RUbZ1f

Hy is nie op ‘n mediese fonds nie en was na ‘n staatshospitaal geneem.

Volgens sy ouma het hy erge beserings aan sy hand, voete en kop opgedoen.

Hy was na drie dae in die staatshospitaal huis toe gestuur.

Sy wonde moet privaat versorg word omdat sy vingers en voete septies geraak het en daar ook infeksie in sy kopbesering is.

‘n Plasing op Hemelse Pêrels NPC Facebook-blad sê dat die kleuter vinnig by ‘n dokter moes uitkom omdat hy gedurende ‘n naweek opgegooi het en oor sy ruggie gekla het.

Die dokter het aangeraai dat die kleinding so vinnig as moontlik ‘n CT-skandering moet ondergaan.

Daar word vermoed dat een van sy rugwerwels moontlik kon geskuif het.

Die wondkliniek wat hom behandel, het teer uit sy wonde verwyder en dis pynlik.

Hy moet weer die wondkliniek besoek.

Daar word hulp vir fondse vir sy privaat behandeling gevra.

Indien enigiemand hom kan bystaan op sy pad na herstel, kan die BackaBuddy,-profiel se skakel gevolg word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel