Klasaksie teen SAPD ingedien oor vermiste vuurwapens

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Buitelandse vrou in hegtenis met dwelms van R289 000

Gun Free SA (GFSA) het ’n klasaksie teen die polisieminister ingedien by die Wes-Kaapse hooggeregshof om skadevergoeding te kry vir die dood en beserings veroorsaak deur die “Prinsloo-vuurwapens”.

Die GFSA het gesê die polisie moet verantwoordelik gehou word vir misdade van voormalige polisiekolonel Christiaan Prinsloo wat gebieg het dat hy meer as 2 000 vuurwapens uit die polisie se kluise aan bendeleiers op die Kaapse Vlakte verkoop het.

Prinsloo is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy in 2016 ’n pleitooreenkoms met die Staat in die Bellville-landdroshof aangegaan het. Prinsloo is in 2015 in hegtenis geneem na ’n lang ondersoek met betrekking tot bendes en onwettige wapenhandel in die Wes-Kaap.

Tydens die saak het dit geblyk dat Prinsloo in sy kriminele onderneming bygestaan is deur sy kollega kol. David Charles Naidoo.

GFSA het gesê polisierekords sedert 2016 toon dat “Prinsloo se gewere” in ten minste 1 066 moorde gebruik is en dat 187 kinders deur misdadigers met ‘n “Prinsloo-geweer” vermoor is.

Bronne:  IOL, Algoa FM, DFA, Die Son

Lees ook: Vrou jaag weg ná verbyryskietery in Durban