Lees ook: Man in hegtenis wat glo eks se suster verkrag
’n Buitelandse vrou is in Durban in hegtenis geneem met dwelms ter waarde van R289 000, vermoedelik uit Mosambiek gesmokkel.
Die polisiewoordvoerder het gesê hulle het Maandag inligting ontvang oor ’n Tanzaniese vrou wat by ’n woonstelblok in Vernonweg opgedaag het met dwelms van Mosambiek af.
Die vrou sal na verwagting Dinsdag in die Durbanse landdroshof verskyn.
Bronne: IOL, The Citizen, VN Explorer



