Kyk: Groot ongeluk op M41

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Video-opname van ‘n groot ongeluk op die M41, KwaZulu-Natal, is deur die joernalis Dasen Thathiah op Facebook gedeel.

Verskeie voertuie was by die grusame ongeluk wat naby Umhlanga plaasgevind het, betrokke.

Nooddienste en owerhede is op die toneel.

Die area moet liefs vermy word.

Volgens Thathiah se plasing het ‘n vragmotor met verskeie motors gebots, aldus motoriste.

IPSS Medical Rescue is op die toneel en sê ongeveer 15 ligte motorvoertuie en ‘n vragmotor is betrokke.

Verskeie nooddienste is teenwoordig om beseerdes by te staan.

Alternatiewe roetes moet gebruik word.

Foto’s: IPSS Medical Rescue

Reaction Unit South Africa het ook ‘n video van die ongelukstoneeel gedeel waarin hulle sê dat 36 voertuie in die ongeluk met ‘n wegholvragmotor en sleepwa betrokke was.

Emer-G-Med sê dat hul saam met Netcare911 en ander nooddienste na die toneel gehaas het.

Met aankoms op die toneel het hul chaos gevind.

Volgens hul verklaring het ‘n volgelaaide vragmotor deur die motorvoertuie geploeg.

‘n Swanger vrou wat ernstig beseer is, is gestabiliseer en per helikopter na ‘n mediese fasiliteit geneem.

22 ander beserings op die toneel wissel van gering tot matig.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel