IPSS Medial Rescue het vroeg Sondagaand ‘n oproep ontvang vir hulp nadat ‘n 12-jarige seun in die Ballito-area vermis geraak het.
Verskeie van IPSS se soek-en-reddingspanne is na die toneel ontbied om te help om die seun op te spoor. Na ‘n kort rukkie is die seun veilig deur een van die spanlede opgespoor.
“Die ongelooflike opkoms op ‘n Sondagaand om na die vermiste seun te soek, was ongelooflik om te sien, en maak ‘n mens dankbaar om in so ‘n gemeenskap te woon,” sê IPSS.
Verder bedank die spanne dan bure, gemeenskapslede, sekuriteitsmaatskappye, buurtwagte, ambulansdienste en verskeie ander polisiëringsforums wat ingestaan het om te help om die seun op te spoor.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



