Lees ook: Prokureur skuldig aan moord op vrou en seun
Alex Murdaugh, voormalige prokureur van South Carolina, VSA,, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vrou en seun.
Alex Murdaugh (54) se vrou Maggie (52) en seun Paul (22) is op 7 Junie 2021 van naby af naby hulle hondehokke geskiet.
Aanklaers het gesê Murdaugh het sy vrou en seun vermoor om aandag van sy finansiële misdade af te trek en simpatie te kry.
Murdaugh is Donderdag op twee aanklagtes van moord skuldig bevind en is Vrydag gevonnis.
Murdaugh hou vol dat hy onskuldig is en nooit sy vrou en seun sou seermaak nie.
Bronne: BBC,The Guardian, ABC News



