Akteur Tom Sizemore oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: ‘Nog geen arrestasies in AKA-moordsaak maar daar is vordering’ sê Bheki Cele

Die Amerikaanse akteur Tom Sizemore, bekend vir sy rolle in Saving Private Ryan en Black Hawk Down, is op die ouderdom van 61 oorlede aan ’n breinaneurisme..

Sizemore was van 18 Februarie af in ’n koma as gevolg van ’n gebarste breinaneurisme en is Vrydag in Burbank Kalifornië oorlede met sy broer en seuns by hom.

Sizemore was bekend daarvoor dat hy ondersteunende rolle gehad het as die “tough guy” in films, gewoonlik in militêr of, polisiefilms, of films oor kriminele.

Sizemore het ook dwelmprobleme gehad en het tronkstraf uitgedien vir gesinsgeweld.

Bronne: BBC, New York Post, Daily Sun

Lees ook: Komediant Paul Snodgrass oorlede