‘n Gewapende roof het op Donderdag 2 Maart 2023 om ongeveer 21:55 by Spur op Hartenbos in die Tuinroete plaasgevind.
Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê na bewering het vyf gewapende mans die restaurant binnegegaan en personeel wat aan diens was, gedreig.
Die toesighouer aan diens is glo aangerand, waarna ‘n onbekende bedrag kontant gebuit is.
Die gewapende rowers het glo van die toneel in ‘n Toyota Corolla, ‘n voertuig van ‘n kliënt, gevlug.
Die voertuig is later verlate langs die N2 Hoofweg naby die afdraai na Danabaai gevind.
Soektog na die verdagtes en die ondersoek duur voort.
AO. Marizaan du Plessis, die ondersoekbeampte in die saak, versoek die publiek om inligting wat tot die arrestasie van die verdagtes kan lei by die volgende nommers aan te meld: 044 606 2235 of Stop Misdaad by 08600 10111.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



