Waarskuwing! Foto aan onderkant van berig nie vir sensitiewe lesers nie!
Dirk Olivier, ‘n boer van Sutherland, het onder sy eie trekker beland, wat sy been vergruis het.
Burre Burger van Droogtehulp, wat geen bekendstelling nodig het nie en intree vir boere en maar eintlik vir almal wat hy kan, bystaan, het in ‘n plasing van Olivier vertel.
“Oom Dirk”, soos Burre hom aanspreek, het nie ‘n mediese fonds nie, aangesien hulle reeds die afgelope nege jaar onder die Karoo-droogte gebuk gaan.
Burre se gedagtes kan nie stilstaan nie, want hy weet hulp moet iewers vandaan kom. Hy noem ook dat hulle vir die ambulans kon betaal en ‘n klein gedeelte om die hospitaalprosesse aan die gang te sit.
Hierna het die slegte nuus in die nag gekom dat die been nie gered kon word nie.
Net toe Burre na ‘n nag se worsteling van ‘n vliegtuig klim, het ‘n weldoener hom gekontak om ‘n gratis kunsbeen te verskaf.
Daar is egter nog fondse nodig.
Indien jy Burre kan ondersteun om die boere-gemeenskappe by te staan, besoek gerus al sy sosialemediaplatforms waar jy bankbesonderhede vir donasies gaan vind.
Jy kan ook gaan kyk na die unieke klere wat Burre verkoop en nogal gewild is onder visvangers en jagters.
Burre se naam is sinoniem met Droogtehulp, maar ook is hy ‘n staatmaker met ‘n omgeehart en iemand wat aanhou help.
Besoek gerus www.droogtehulp.co.za
Hier is die plasing in Burre se eie woorde:
“Het jy al ‘n boer sien lag, het jy al ‘n boer sien huil…”
Die woorde beteken soms baie…
Weet gister oggend het oom Dirk Olivier miskien nog gelag want hy kan Boer wees en man wees en pa wees…
Gistermiddag toe tref die noodlot hom. Sy eie trek trekker loop oor hom en vergruis sy een been.
Van gistermiddag se ambulans tot vannag 3:05 toe die kinders die oproep kry, die been kan nie gered word…
Als maal in my kop, hoekom waarom en hoekom nou…
Oom Dirk is laasnag geopereer, maar daar lê ‘n lang herstel tyd voor. Jou hele lewe verander in ‘n oogwink. Ons by Droogtehulp het een mandaat en dis BOERE…
Ons kon reeds die ambulans betaal het vannag wat hom moes vervoer het van Sutherland na Kaapstad en ons kon selfs help met bietjie ekstra om net alles dadelik te laat gebeur.
Hulle het nie mediesefonds agv van 9 jaar lange droogte in die karoo.
Ek wil jou vandag vra dat as jy voel jy kan help sodat ons kan help om dit te doen.
Die Here is groot… Heelnag worstel ek met oom Dirk wat sy been verloor het in my kop. My kop wou nie dink en slaap gelyk nie.
Ek land in Kimberley en Mnr Anoniem bel my en sê: ”Ek maak kuns bene en sal vir oom Dirk gratis ‘n been maak want ek wil!”
Kyk net hoe werk Jesus!!!

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



