LEES OOK: Hulpkreet om gesin te help na pa en seun se ongeluk
Weldoeners het teen Vrydagoggend reeds net oor die R16 000 ingesamel vir Natasja Jackson en haar gesin nadat haar man en seun Saterdag in ‘n ongeluk betrokke was.
Karlien van Jaarsveld het self in ‘n plasing op sosiale media gevra dat ondersteuners hulle harte oopmaak om die gesin te help, nadat Jackson se man al die toerusting waarmee die gesin ‘n inkomste verdien, in die ongeluk verloor het.
Iemand het van agter af in hulle voertuig met sleepwa vasgery.
Die pa en seun is gelukkig nie ernstig beseer in die ongeluk nie.
Daar is ook ‘n Back-A-Buddy-rekening geskep waar donasies gegee kan word.
Van Jaarsveld en Gerhard Steyn het ook besluit om ‘n vertoning te doen en die inkomste daarvan aan die gesin te skenk. Besonderhede oor die vertoning volg later.
Jackson het ook self in ‘n roerende plasing op sosiale media vertel hoe die ongeluk hulle as gesin geraak het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



