Natasja Jackson, wat al jare bekendes soos Karlien van Jaarsveld en ander se kinder- en ander partyjies doen, se man en seun was Saterdag in ‘n ongeluk.
Karlien van Jaarsveld het self in ‘n plasing op sosiale media gevra dat ondersteuners hulle harte oopmaak om die gesin te help, nadat Jackson se man al die toerusting waarmee die gesin ‘n inkomste verdien, in die ongeluk verloor het.
Iemand het van agter af in hulle voertuig met sleepwa vasgery.
Die pa en seun is gelukkig ook nie ernstig beseer in die ongeluk nie.
Daar is ook ‘n Back-A-Buddy-rekening geskep waar donasies gegee kan word.
Van Jaarsveld en Gerhard Steyn het ook besluit om ‘n vertoning te doen en die inkomste daarvan aan die gesin te skenk. Besonderhede oor die vertoning volg later.
Jackson het ook self in ‘n roerende plasing op sosiale media vertel hoe die ongeluk hulle as gesin geraak het.



