Dertien mense is Dinsdagoggend beseer toe ‘n minibus op die R31, ongeveer 20 km buite Kuruman, omgeslaan het.
ER24 en ander nooddienste het omstreeks 06:00 op die toneel aangekom waar die minibus op sy dak gelê het. Die passasiers het reeds uit die voertuig geklim en het langs of naby die voertuig gelê of gesit.
Paramedici het die 13 beseerdes ondersoek. Niemand is in die ongeluk dood nie.
Omstandighede rakende die ongeluk is nog nie bekend nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



