Die bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Noordwes het met groot kommer kennis geneem van ’n boodskap wat op sosiale media-platforms deur sommige individue die ronde doen oor ’n voorval wat Saterdagaand, 18 Februarie 2023 in Brits aangemeld is, waar ’n 11-jarige meisie na bewering in Maboloka Village naby Letlhabile, buite Brits, ontvoer word.



