Nog geen teken van Duitse toeris nie, alhoewel hy beroof was

Deel hierdie storie / Share this story

AfriNUUS berig dat Igshaan Fisher, Jason Abrahams, Vanroy Petersen, Carlo Guenantin en Melvin Guenantin gister in die Wynberg-landdroshof verskyn het op aanklag van roof met verswarende omstandighede.

Hulle is in besit gevind van items wat aan die vermiste Duitser Nick Frischke behoort.

Hul saak is tot 6 Maart 2023 vir verdere ondersoek uitgestel.