Kyk: 16-jarige voorheen van SA kry goue kaartjie vir American IDOLS – ‘Ons is nou 45’ – AIG

Deel hierdie storie / Share this story

Stefan Benz (16), voorheen van Suid-Afrika, het sy goue kaartjie op American IDOLS verower om na Hollywood toe te vorder in die gesogte kompetisie.

Stefan Benz (Bezuidenhout), voorheen van Centurion in Gauteng en nou van Orange County in Amerika, het ‘n paar jaar gelede saam met sy ouers en jonger sussie Renthia (12) opgepak en na Amerika verhuis.

Hermien Bezuidenhout, Stefan se ma, het uit Amerika met FiND iT gepraat.

FiND iT wou meer uitvind oor die reis wat die familie aangepak het om van Centurion in Gauteng na Amerika te verhuis om hul seun se sangtalent te ondersteun.

Stefan was voorheen ‘n leerling aan Laerskool Wierda Park in Centurion. Op die ouderdom van 10 is hy deur Ronel Brink (Bobby van Jaarsveld se ma) raakgesien in ‘n voorvertoning van Bobby.

‘n Maand later het hy Classics is Groot saam met Taryn Lamb geopen. Op die ouderdom van 11 was hy ‘n Coleske Artist Management-kunstenaar. In 2018 tree hy weer by Classics is Groot op.

Hy het elke dag saam met Paulo Azevedo, wat geen bekendstelling nodig het nie, gewerk. ‘n Maand later het hy aan WCOPA ( World Championship of Performing Arts) in Los Angeles deelgeneem en die junior afdeling gewen.

Tydens die kompetisie is hy deur Manny Mijares raakgesien, waarna hy en Charlie Walk, die president van Republic Records, toe vir Stefan teken onder HMP (Hit Music Partners).

Stefan het baie hard gewerk en hy en sy pa, Dewald, het sedert Augustus 2018 tot einde 2019 gereeld vir opnames en optredes na Los Angeles gevlieg. In Januarie 2020 het die familie permanent Los Angeles toe verhuis.

In die laaste drie jaar het Stefan as liedjieskrywer en opname-kunstenaar ontwikkel en vlieg hy steeds vir optredes en skrywerskampe tussen Los Angeles, New York, Las Vegas en Miami.

Hy is ‘n gr. 11-leerling wat tuisonderrig doen. Reeds op 16 kon hy sy bestuurderslisensie kry.

American Idol het Stefan ook genader om deel te neem. Dit het ‘n paar aanlyn oudisies geneem voor hy sy eerste oudisie voor die beoordelaars kon doen.

“Ons is maar net instrumente in hierdie journey. Ons is bevoorreg dat die Here ons gekies het om sy ouers te wees,” sê Hermien.

Stefan het reageer deur te sê:

“Never thought I’d be teaching Katy Perry and Luke Bryan Afrikaans. 🇿🇦 Crazy!! can’t wait to show em what I can do🌷#SteFANS stand up 🎫🧍‍♀️🧍🏼

#americanidol#idolonabc#21yearsofidol#katyperry#lukebryan#lionelrichie#ryanseacrest

Afrikaans is Groot het die draak gesteek met Charlize Theron terwyl hulle Benz gelukgewens het.

Lees hier:

Ons is nou 45. 😂Katy Perry Praat AFRIKAANS op American Idol! ⭐️ Kyk tot die einde… 🎤 Die uiters-talentolle Stefan Benz van Centurion, wat julle al op die Lexus Classics verhoog gesien het, het na Amerika met sy gesin verhuis, om sy droom as internasionale sanger na te streef, en kyk waar is hy nou! 🌟 Stefan het ‘n goue kaartjie direk na Hollywood ontvang! Geluk Stefan, ons is trots op jou en opgewonde saam met julle. 🎉 Stefan hou Afrikaans GROOT!

Na sy oudisie voor die beoordelaars wat niemand anders nie as die wêreldbekende Katy Perry, Luke Bryan en Lionel Richie is, het Stefan sy goue kaartjie na Hollywood gekry.

Stefan Benz kan op verskeie sosialemediaplatforms gevolg word waar jy na sy oorspronklike musiek of covers kan gaan luister.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel