Drukkersduiwel peuter met verkeersteken by laerskool in Pretoria

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Verkeersteken by Laerskool Bergsig, in Mountain View Pretoria, laat motoriste glimlag.

Die verkeersteken is aangebring sodat motoriste tydens sekere tye slegs ‘n sekere spoed verby die skool mag handhaaf.

Die drukkersduiwel was egter doenig hier en in plaas daarvan dat die tyd op die bord 08:30 lees, lees dit 80:30.

Elma Nel, DA-raadslid het reeds gevra dat die inligting op die bord reggestel moet word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel