Vrou (67) deur pitbull verskeur, dood

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Drie in hof vir moord by partytjie op Baberton

‘n Britse vrou is in Spanje oorlede nadat sy deur ‘n pitbull wat sy ingeneem het, verskeur is.

Daily Mail berig die 67-jarige vrou, wat nog nie geïdentifiseer is nie, het die hond in ‘n veld naby die stad Valencia opgetel.

Sy het maar ‘n paar dae na die hond gekyk voor die hond haar by haar huis verskeur het.

Owerhede is omstreeks 14:00 Vrydagmiddag na die toneel ontbied na gille gerapporteer is. Die hond is met ‘n vuurwapen doodgeskiet sodat die vrou gehelp kon word.

Sy is in ‘n kritieke toestand na ‘n nabygeleë hospitaal geneem, maar is aan haar beserings dood.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel