Vroue in Spanje het nou maandeliks die reg om drie dae menstruasieverlof as siekverlof te neem. Daar is ‘n opsie om dit tot vyf dae te verleng.
Hierdie wet is Donderdag 16 Februarie 2023 aanvaar wat dié land die eerste Europese land maak om die verlof in te stel.
Irene Montero, Spanje se gelykheidsminister, het in die parlement gesê: ” Without rights, women are not full citizens.”
Die parlement van Spanje sal vervolgens vir die menstruasieverlofvoorsiening betaal.
Volgens die American College of Obstetricians and Gynaecologists is menstruasiepyn, of dismenoree, algemeen.
Hulle sê voorts dat die helfde van vroue wat menstrueer vir ongeveer twee dae erge pyn tydens hul menstruele siklus ervaar.
Die pyn kan so erg wees dat hul vir dae nie normale aktiwiteite kan doen nie.
Alhoewel menstruasieverlof nie algemeen is nie, is dit reeds by verskeie maatskappye in die wêreld ingestel.
Die volgende lande het reeds voorsiening gemaak vir verlof tydens die menstruasie siklus, met ingestelde reëls en voorskrifte, om vroue te akkommodeer:
Japan, Indonesië, Suid-Korea, Taiwan, Viëtnam en Zambië.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Bron: Washington Post, Euronews, France 24



