Nádine (Hoffeldt), bekende SA-sangeres, is vandag 41.
Sy het haar sangloopbaan in 1996 as ‘n tiener van 13 jaar oud begin. In 1997 tree sy by die Two Oceans-konsert voor Nelson Mandela en prins Charles saam met die Spice Girls en Billy Ocean op.
Sy is bekend vir treffers soos Dankie liewe Ouma, Kaapse Draai, Skildery en vele meer. Haar albumverkope staan op meer as 500 000.
Nádine is ook aanbieder van die TV-program Musiek Roulette.
Sy was die eerste Suid-Afrikaanse sanger om by die World Peace Song Festival te wen.
Wens haar gerus in die kommentaar geluk.
Bron: Wikipedia
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



