Twee voertuigbestuurders dood in grusame ongeluk, passasiers beseer

Deel hierdie storie / Share this story

Twee voertuigbestuurders is vanoggend net na 10:00 op die N2 in Umzumbe in ‘n grusame kop-aan-kop botsing dood, terwyl een passasier ernstig beseer is en nog twee beserings opgedoen het.

Mi7 National Group, Med-Evac-ambulansdienste en ander nooddienste het hulle na die toneel gehaas.

Die twee bestuurders van die voertuie is op die toneel dood verklaar.

Mi7 National Group sê die bestuurder van een voertuig was vasgekeer en alleen in die voertuig.

Die tweede voertuig, waarvan die bestuurder ook oorlede is, was ook in die voertuig vasgekeer, maar het nog drie passasiers in die voertuig gehad.

Een van die passasiers is met ernstige beserings deur ‘n gespesialiseerde Netcare911-lugambulans na ‘n mediese fasiliteit gevlieg om verdere mediese behandeling te ontvang.

Die ander twee beseerde passasiers is per ambulans na ‘n hospitaal vervoer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel