Steve Hofmeyr se Twitter gekaap

Deel hierdie storie / Share this story

Steve Hofmeyr het vanoggend in ‘n video-opname bevestig dat sy Twitter-rekening gekaap is.

Hy verduidelik dat die rekening binne 24 uur oorgeneem en die gebruikersnaam na RTFKT verander is.

Die kapers het oornag sy 400 000 volgelinge oorgeneem. Steve weet nie of Twitter dit sal kan oplos nie.

Hy beskryf die drie stappe waarin die rekening gekaap is, soos volg:

1 – Oorname van die hele blad met sy inhoud

2 – Verander van die avatar terwyl die naam nog steeds Steve s’n is

3 – Laastens is die gebruikersnaam verander

Hy sê hy gaan uitvind hoe dit gebeur het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel