Steve Hofmeyr, wie se konsert onlangs op die MSC Orchestra gekanselleer is, het ‘n aanbod vir MSC-kaartjiehouers wat die boottoer meegemaak het en hom weens die kansellasie nie gesien optree het nie. Of jy nou op die boottoer was of nie.
Stuur ‘n afskrif van jou MSC-kaartjie aan hom by [email protected] en hy sal jou kaartjie vir sy konsert by die Voortrekkemonument betaal.
‘Jy’t vir my baklei, ek baklei vir jou.”
Dit is vir die Steve Doen Beautiful Noise-konsert.
Die konsert vind op 29 April 2023 by die Voortrekker-monument se amfiteater plaas.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



