Ndlovu Hendrick Muzi (38) het Saterdag 25 Februarie 2023 glo eers sy gewese meisie en haar dogter, geïdentifiseer as Abrahams Carmen Cloete (34) en Lee Cloete (11), te Leana Hof, Bela-Bela (Warmbad), in Limpopo geskiet voordat hy homself geskiet het.
Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder van die provinsie, sê na bewering het die verdagte ongeveer 12:00 na sy gewese meisie se huis gegaan waar hy sonder om ‘n woord te sê glo op die Cloetes losgebrand het. Hierna het hy homself glo geskiet.
Die polisie is gekontak en met aankoms op die toneel is al drie persone dood verklaar.
Die polisie ondersoek twee sake van moord en ‘n geregtelike doodsondersoek, asook die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie. Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagte glo sy vriend se vuurwapen gesteel het.
Lt.genl. Thembe Hadebe, die provinsiale polisiekommissaris, het soos volg reageer:
“We are saddened by this tragic incident because innocent lives continue to be lost at the hands of men who seem to be inclined to committing acts of gender based violence at any moment the relationship collapses. People experiencing relationship challenges are urged to seek assistance and desist from resorting to extreme violence.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



