Man sterf in Durban-skietery

Deel hierdie storie / Share this story

’n Man is dood en twee ander, insluitend ’n dokter, is Donderdag tydens ’n skietery in Soldiers Way in die Durban CBD beseer.

’n Man en sy vriend was glo buite ’n dokter se spreekkamer toe ’n verdagte die man verskeie kere geskiet het. Die dokter en vriend is ook raakgeskiet en na ‘n hospitaal geneem.

Sake van moord en poging tot moord word ondersoek.

Bronne: IOL, African News Agency

Lees ook: Soektog na Nick Frischke, vermiste toeris, duur voort