‘n Krokodil het sy verskyning op die Blesbokspruit-rivierbank buite Springs aan die Oos-Rand, Gauteng, gemaak.
Die rivier ontspring in die omgewing van Daveyton en loop wes verby Springs, Nigel en Heidelberg.
Springs Advertiser sê in ‘n berig dat die krokodil van sy oorspronklike omgewing geskuif het omdat hy glo deur die gemeenskap met klippe gegooi word.
Charmaine Kock, raadslid van wyk 75, het volgens berriggewing die publiek gewaarsku om oplettend te wees.
‘n Span wat gemoeid is met wildlewe is ingelig en help met die insident.
Daar is nog ‘n paar video’s van die loslopende krokodil op Springs GPF-groep, ‘n geslote groep, gedeel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



