Agt seekoeie het met die Vaalrivier wat in vloed is uit hul kamp by Letsatsi-la-Africa, Wild Animal and Predator Park, in die Vrystaat ontsnap.
Kobus van der Westhuizen, die eienaar, maan die publiek om nie hierdie diere te probeer aankeer nie.
Hulle is nie mak nie en moet deurentyd as wild en gevaarlik hanteer word. Hulle moenie genader word nie.
Hy het aan FiND iT gesê dit is ‘n gemengde groep seekoeie van koeie en bulle. Dit is nie seker of daar kalfies by is nie.
Van der Westhuizen het reeds honderde boodskappe en telefoonoproepe ontvang, maar die seekoeie is steeds soek.
Enigiemand wat die seekoeie gewaar en vir hom van ‘n foto en pertinente ligging kan voorsien, kan hom by 072 215 2433 kontak.
Alternatiewelik kan die polisie gekontak word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



