Marno Muller (6) is vanoggend groot skool toe.
Indien jy Marno se storie gevolg het, weet jy dat dit die seun was wat verlede jaar op 26 Mei by ‘n kleuterskool aan sy baadjietop gewurg het toe dit aan ‘n speelapparaat by sy vorige kleuterskool in Brakpan gehaak het.
“Uiteindelik is my kind in graad 1,” sê Helga Muller.
Hierdie mamma is so trots oor die vordering wat Marno in slegs nege maande gemaak het.
Na 26 dae in intensiewesorg en nog twee ekstra dae in ‘n gewone saal by Netcare Garden City het die seun almal verras met sy vegtersgees.
“Marno is in ‘n medium spektrum spesiale skool vir kinders wat epilepsielyers is. Die klassies is juis klein sodat hy die ekstra aandag sal kry wat hy nodig het.”
Marno ontvang steeds na die noodlottige dag wat almal sal onthou terapie wat spraak-, arbeids- en speelterapie insluit.
Die ongeluk het wel sy merk op Marno gemaak.
“Marno sukkel met fyn motoriese vaardighede soos teken, inkleur, knip en plak, om sy naam te skryf, asook nommers en woordjies.”
Terwyl hy hierdie vaardighede in sy nuwe omgewing gaan aanleer, glo en vertrou mamma Helga dat hy goed in sy nuwe skool sal aanpas.
“Dankie nog ‘n keer aan die groot verskil wat SA in Marno se lewe gemaak het. Dankie vir jul liefde, omgee, gebede en bydrae.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



