‘n Kleuter (2) van Tlapeng-woonbuurt in Madibogo, Noordwes, is Woensdag 15 Februarie 2023 deur sy ma dood op ‘n bed aangetref. Saame Mogogane (38), sy stiefpa, is intussen in verband met die gebeure aangekeer.
Kapt. Aafje Botma, polisiewoordvoerder, sê die ma van die kleuter het hom die betrokke dag glo by sy stiefpa gelaat terwyl sy werk toe is.
Sy het ongeveer om 18:10 teruggekeer en die kleuter na bewering op die bed aangetref. Hy het geen lewe getoon nie. Hy het glo verskeie beserings aan sy liggaam gehad. Die kleuter is deur nood- mediese dienste op die toneel dood verklaar.
Die stiefpa het van die toneel gevlug. Saterdag 18 Feburarie het polisielede van Madibogo-polisiestasie, wat sigbare polisiëringslede sowel as speurders insluit, hom gesoek en susksesvol opgespoor, waarna hy in hegtenis geneem is. Hy het gister in die Atamelang-landdroshof verskyn, waarna die saak na 22 Februarie uitgestel is.
Lt.genl. Sello Kwena het sy skok uitgespreek oor die moord op die kleuter en die gemeenskap versoek om onskuldige kinders te beskerm en te praat namens hulle wat dit nie vir hulleself kan doen nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



