Kyk: Kerk in Pretoria stort ineen voor storm

Deel hierdie storie / Share this story
Video: Leon Kruyshaar TikTok

Leon Kruyshaar, DA-raadslid in Wyk 1, het ‘n TikTok-video gedeel van ‘n kerk wat vanmiddag ineengestort het.

Die plaaslike kerk is geleë in die weste van Pretoria op die hoek van Paff- en Plaasstrate.

Dit blyk die Evangelical Presbyterian Church In SA, Tshwane Central Church te wees. (Swiss Mission in SA – Founded in 1875)

Dit het blykbaar voor ‘n storm gebeur. Geen beserings is aangemeld nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel