Lede van SAPD se Nasionale Intervensie-eenheid (NIU) wat in Barberton aan diens was, het ’n 22-jarige man in hegtenis geneem vir die aanval op polisiebeamptes vanoggend om 07h15.
Die polisie was besig met hul roetine-patrollies toe hulle op twee mans afgekom het wat ’n sak in hul besit gehad het. Terwyl die polisie die twee mans voorgekeer het om ondersoek in te stel na wat in hul sak was, het hulle verkies om nie gehoor te gee nie, maar hulle het begin hardloop.



