Een persoon is vroeër vandag, net voor 12:00, beseer toe ‘n mini-tenk op ‘n sleepwa wat deur ‘n bakkie gesleep is op die N1 naby William Nicol ontplof het.
Emer-G-Med saam met ander nooddienste is na die toneel van ‘n botsing, waarin die tenkwa betrokke was, ontbied.
Met aankoms op die toneel is bevestig dat die tenk, met onbekende inhoud, ontplof en in vlamme gehul was.
Een persoon is vir geringe beserings behandel en is per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.
Verkeer in die area is hewig geraak deur die voorval en die pad sal gesluit bly totdat skoonmaakoperasies voltooi is.
Die area moet liefs vermy word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



