Twee mans, ‘n pa en sy seun, is Donderdag tydens ‘n rooftog in hul winkel in Stanger, KwaZulu-Natal, geskiet. Die pa is in sy arm gewond en sy seun is kritiek nadat hy in die kop geskiet is.
IPSS Medical Rescue het reageer nadat hulle ontbied is na ‘n gewapende roof waar skote afgevuur is. Met aankoms op die toneel het hulle die pa en seun gevind wat na bewering deur vermeende rowers geskiet is.
Die pa is met ‘n privaat ambulans vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal geneem. Die seun, wat in die kop geskiet is, is per AMS-helikopter na ‘n fasiliteit vir gespesialiseerde behandeling gevlieg.
Die vermeende verdagtes wat in die skietvoorval betrokke was, is deur privaat sekuriteitspersoneel en gemeenskapslede aangekeer en aan die polisie oorhandig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



