Rethabile (graad 3) en Omphile (graad 2) Koatla, ‘n boetie en sussie van Heidelberg Public School wat Sondag 5 Februarie op die R42 in die Three Rivers/Meyerton-area in ‘n motorongeluk gesterf het, word Saterdag 18 Februarie ter ruste gelê.
Volgens Heidelberg Times sal die begrafnis vanaf 09:30 te URCSA Sharpeville plaasvind waarna dit na Vanderbijlpark sal beweeg.
Hul ma is was na die ongeluk in die intensiewesorgeenheid in Alberton-hospitaal opgeneem.
Shimineé Paulse het op 7 Februarie ‘n Facebook-plasing gemaak waarin haar dogtertjie Charnee gevra het: “Mommy, why did Jesus take them, does Jesus not know I’m going to miss them sooooooo much,….”
Paulse het gesê dat haar dogtertjie twee guardian angels in twee van haar beste vriende gekry het.
Bron: Heidelberg Times en Facebook
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



