‘Voetfout’ laat Porsche in koffiewinkel op tafel tot stilstand kom

Deel hierdie storie / Share this story

Die bestuurder van ‘n Porsche het Maandag opslae gemaak toe sy motor deur die venster van JulieBean Artisan Coffee se winkel in Lynnwood, Pretoria gery het.

Die koffiewinkel het foto’s van die voorval saam met kwinkslae op hul Facebook-blad gelaai.

“Our Tables are Strong. But our Coffee is Stronger…”

“No, Unfortunately we’re not a Drive-Thru but we’ll open for sit down coffee.”

#nocoffeewasspilt

Foto: JulieBean Artisan Coffee

Hulle het die gemeenskap wat hul ten tyde van die voorval ondersteun het, op hul Facebook-blad bedank.

Riaan Venter sê aan FiND iT hulle is dankbaar dat iemand nie op die dag by die betrokke dennehouttafel gesit het nie. Die voertuig het met sy voorkant op die tafel tot stilstand geskuif. Die winkel was nie tydens die voorval oop vir besigheid nie.

In ‘n goeie gees sê Riaan dat dit met enigiemand kon gebeur het en tien teen een slegs ‘n “voetfout” was.

Die gewilde koffiewinkel bedien steeds hul klante, alhoewel strukturele skade bietjie langer sal neem om te herstel. Riaan beplan om ‘n Porsche-kenteken op ‘n muur aan te bring waar die voertuig ‘n krapmerk gelaat het,saam met ‘n foto van die insident.

Koffiedrinkers kan gaan loer wat hy moontlik op hul vrywaringsbord (disclaimer) wil verander.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel