Seun wat glo meisie by skool aanrand, dissiplinêr verhoor

Deel hierdie storie / Share this story

Die hoërskoolseun wat na bewering ‘n meisie by Hoërskool Nic Diederichs aangerand het, is op 12 Februarie dissiplinêr verhoor.

Steve Mabona, woordvoerder vir die Gautengse departement van onderwys, sê na afloop van die verhoor is die voorstel gemaak dat die seun permanent uit die skool geskors word.

‘n Finale besluit oor die aanbeveling sal deur die departementshoof geneem word en later bekendgemaak word, sê Mabona.

‘n Video van die voorval het wyd opslae gemaak. In die video kan gesien word hoe die seun die meisie stamp, aan haar hare gryp en klap.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel