Man (35) ontvoer, beroof

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (35) is Saterdagmiddag na werk in Newcastle in KwaZulu-Natal beroof en ontvoer.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die slagoffer het sy hoofkantoor Maandagoggend vroeg besoek om die saak aan te meld.

Hy vertel hy was op pad huis toe toe vier insittendes van ‘n silwer Mercedes Benz hom gekonfronteer het. Die verdagtes het glo die man se hande agter sy rug vasgemaak en hom by die voertuig inforseer. Drie van die verdagtes was glo met vuurwapens gewapen.

Volgens Rusa sê die slagoffer die verdagtes het hom na ‘n onbekende plek geneem waar hulle sy selfoon, bankkaart en OTM-PIN wou hê. Twee mans het saam met die verdagte in die bosse gebly terwyl die ander na ‘n OTM is om die geld te trek.

Die verdagtes het Sondag- en Maandagoggend dieselfde gedoen, omdat daar ‘n daaglikse limiet op die kaart was.

Die man is nie beseer nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel