Dr Leon Schreiber, DA-kiesafdelingshoof in Stellenbosch, sê die party is ontsteld dat verskeie koshuise aan die Universiteit Stellenbosch glo weer ’n wydverspreide verbod op selfs die informele gebruik van Afrikaans tydens die universiteit se verwelkomingstydperk ingestel het.



