KYK: Dief kom sy moses teë toe oud-Bok hom agternasit
Twee mense is dood nadat ‘n balkon op die derde verdieping van ‘n gebou in Shakas Rock KwaZulu-Natal Donderdag inmekaargesak het.
IPSS Medical Rescue sê drie mense was op die balkon toe dit ineengestort het. Al drie was in ‘n kritieke toestand. Paramedici het die drie behandel, maar twee se toestand het vinnig agteruitgegaan. Hulle is op die toneel dood verklaar.
Die derde beseerde is na ‘n hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



