Medelye stroom in op sosiale media na die 20-jarige Lucinda (Lulu) Spies se dood.
Die Hoorn het voorheen oor Luinda berig wat na ‘n motorongeluk baie met haar gesondheid gesukkel het. Sy het 13 beserings opgedoen in die ongeluk wat op 28 Julie 2022 in Bloemfontein plaasgevind het.
Die Hoorn het ook berig dat sy op 27 Januarie na die hospitaal gejaag moes word nadat sy gesukkel het om asem te haal.
Spies was ‘n oud-leerling van Langenhoven Gimnasium.
Familie en vriende, sowel as Die Hoorn, het die nuus van haar afsterwe bekendgemaak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



