Malema sê Ramaphosa het ‘geen reg’ om die land toe te spreek nie

Deel hierdie storie / Share this story

Julius Malema het vanaand tydens die State of the Nation Address gesê president Cyril Ramaphosa mag nie toegelaat word om te praat nie.

“Hy het die parlement hof toe geneem.” Malema het gesê Ramaphosa het “geen reg” om die parlement toe te spreek nie.

“Ons moet toelaat dat die hof eers ‘n beslissing bereik.”

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die parlement, het gesê Malema moet Ramaphosa toelaat om te praat.

Oomblikke later het chaos uitgebreek, toe EFF-lede die verhoog bestorm het. Lees meer hier.

Kyk die video hier: