Chaos by SONA: EFF-lede bestorm verhoog toe Ramaphosa praat

Deel hierdie storie / Share this story

EFF-lede het die verhoog vanaand bestorm tydens die State of the Nation Address deur president Cyril Ramaphosa.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die parlement, het die verrigtinge met 10 minute uitgestel sodat sekuriteitspersoneel, wat gewapen was, die situasie onder beheer kon bring.

John Steenhuizen, DA-leier, het sy kommer uitgespreek dat die sekuriteitspersoneel die vertrek, gewapen, binnegestorm het, sonder dat die speaker hulle gevra het om in te kom. Hy het sy kommer uitgespreek oor lede van die parlement wat veilig moet voel.

Die speaker het gesê die president se veiligheid was in gevaar en sy gaan nie verder bespreking hieroor toelaat nie.

Sy het eers nadat die sekuriteitspersoneel die vertrek binnegestorm het, gesê: “Sekuriteitspersoneel van die Republiek van Suid-Afrika, julle mag nou binnekom en die lede verwyder.”

Kyk die video hier: