President Cyril Ramaphosa het pas ‘n ramptoestand in Suid-Afrika met onmiddellike effek oor die energiekrisis afgekondig. Hy sê dit is reeds in die Staatskoerant gepubliseer. Hy sê verder die energiekrisis is ‘n eksistensiële bedreiging.
Tydens Ramaphosa se State of the Nation Address vanaand, het hy gesê fondse sal beskikbaar gestel word om rampsbestuur toe te pas.
“Ek sal ‘n minister van energie binne die parlement aanstel om volle verantwoordelikheid te aanvaar vir toesig oor alle aspekte van die reaksie op die elektrisiteitskrisis, insluitend die werk van die nasionale energiekrisiskomitee. Die minister sal voltyds fokus op die energieraad van Eskom en die beëindiging van beurtkrag, asook om te verseker dat die energie-aksieplan sonder versuim geïmplementeer word.”
Kyk sy toespraak hier:



