‘n Sesjarige seun het Dinsdagmiddag op die grutoneel afgekom van sy ouma se liggaam wat in ‘n plas bloed op die vloer lê.
Volgens die polisie het die seun na skool by die huis gekom toe hy op sy 60-jarige ouma afgekom het.
Met die polisie en die seun se ma se aankoms op die toneel is vasgestel dat die oorledene vermoedelik verkrag is. Sy was ‘n inwoner van Makwana Village.
Voorlopige ondersoek dui daarop dat die 18-jarige wat ook in die huis woon, vermoedelik by die voorval betrokke was.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



